Die Hoërskool SA van Wyk is vanoggend in rou gedompel toe Dr. Gustav Bock, die Speaker van die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit en ’n gerespekteerde mediese dokter, saam met ‘n span kundiges in trauma-berading die skool besoek het.
Die besoek volg op ’n tragiese ongeluk wat die afgelope naweek plaasgevind het, waarin een van die skool se geliefde rugby-spanmaats en hul afrigter hul lewe verloor het.
Die atmosfeer by die skool was tasbaar swaar van verdriet, met leerders en onderwysers wat steeds die skok van die verlies verwerk. Die tragedie het die hele gemeenskap diep geraak.
Die afsterwe van die jong rugbyspeler en sy afrigter het ’n gapende wond in die hart van die skool geskeur het.
Dr. Bock het saam met die trauma-span empaties bygestaan en die leerders gehelp om hierdie ondraaglike verlies te verwerk. “Ons is hier om die kinders en personeel by te staan in hierdie moeilike tyd. Dit is ’n reuse-skok vir almal en ons moet nou saamstaan om te leer hoe om die skok en lewensverlies te verwerk,” het Dr. Bock gesê.
Daar sal verdere berading vir die leerders beskikbaar wees, aangesien die skok van hierdie hartverskeurende verlies steeds deur almal ervaar word.
Last modified: October 14, 2024