Nama Khoi neem deel aan Radio NFM 21ste bestaansjaar padskou

October 14, 2024

In ’n opwindende viering van sy 21ste bestaansjaar en toegewydheid aan diens in Namakwaland, het die Radio NFM 98.1 sy padskou weer op dreef gebring.

Hierdie besondere inisiatief het plaasgevind in samewerking met verskeie rolspelers, insluitend die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit, wat op Vrydag 11 Oktober afgeskop het met ’n regstreekse uitsending vanaf die Komaggas Polisiekantoor.

Gemeenskapslede, personeel, en ander belangrike rolspelers het bymekaargekom om hierdie merkwaardige mylpaal te vier. Van vroegoggend af was die lug gevul met opwinding en die gees van samewerking, wat verder beklemtoon is deur ’n reeks aktiwiteite wat gemik is op die bevordering van gemeenskapsbetrokkenheid.

Radio NFM 98.1, in Namakwaland, het oor die jare ’n platform geword waar die munisipaliteit en sy vennote op ’n interaktiewe manier met die gemeenskap kommunikeer en waardevolle inligting deel. Dit dien ook as ’n herinnering aan die belangrike rol wat plaaslike radio speel in die verbinding van afgeleë gemeenskappe.

Verder, is die dag se gebeure gekenmerk deur toesprake, vrolike musiek, en ’n gemeenskaplike verbintenis om voort te bou op die verlede terwyl daar na die toekoms uitgesien word. Deur die padskou – en die samewerking van verskeie rolspelers, is dit weereens ’n bewys dat dienslewering ’n prioriteit vir die mense van Namakwaland is.

Dié Padskou het op dieselfde dag die Bulletrap gemeenskap besoek en afgesluit by ‘’n bekende luisteraar op Nababeep, me. Wendy Henn. Hiér het Dewald Rooi op die Hamba Khaya program luisteraars vermaak met sy gewilde ‘sê-goed’ wat die toeskouers gereeld laat skaterlag het.

Bly ingeskakel op Radio NM 98.1 om op hoogte te bly van die padskou se volgende opwindende bestemmings. Met ’n vol program wat nog voorlê, beloof hierdie viering om ’n besonderse een te wees.

Last modified: October 14, 2024

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *