Uit die kantoor van die Burgemeester
Vandeesmaand is dit my wens om die onderwerp van sogenaamde ‘kitsoplossings’ aan te raak waarna so baie hul wending maak in ’n poging om probleme op te los.
Ek wil ook die beduidende en nadelige impak van die voortdurende implementering van ‘kitsoplossings’, en inderdaad onakkurate denkpatrone wat daarmee verband hou, beklemtoon en hoe dit ’n negatiewe impak op ’n organisasie het.
‘Kitsoplossings’ is tydelik van aard en is nié effektief nie,- om die eenvoudige rede dat die poging om die hoofoorsake van probleme aan te spreek 100% meer moeite, meer geduld, doelbewuste beplanning en denke verg. Daarom, is werklike en volhoubare oplossings altyd moeiliker om te konseptualiseer en uit te voer.
In meeste gevalle is daar positiewe bydraes en toewyding van individue binne ’n organisasie wat in die proses is om geherstruktureer te word, want hulle stem ooreen met die gestelde doelwitte en uitkomste van die organisasie.
In die geval van die Nama-Khoi Munisipaliteit is doelwitte en uitkomste deur uitkomsgebasseerde leierskap om ’n hoër lewenskwaliteit en maatskaplike groei vir alle Namakwalanders op die horison.
Die Nama-Khoi Plaaslike Munisipaliteit is ’n organisasie wat deurslaggewend is vir hierdie maatskaplike groei, maar tog blyk dit dat baie van die individue wat vir hierdie organisasie werk, nie entoesiasties is vir ’n beter gemeenskap vir almal nie.
Baie werknemers in die Nama Khoi Munisipaliteit se kennis van hierdie organisasie- en wat dit behels, is ongelooflik, maar tog word daar uiters minimaal gedoen om doelwitte en vooruitgang te verwesenlik vir die mense van ons dorpe.
Hierdie individue verloor baie gou fokus en word dus rigtingloos deur die wind rondgewaai. Dit word doelbewus aangemoedig deur begeertes en versoekings waar goeie werke ontspoor word en individue persoonlike voordeel vanuit die ongewenste omstandighede geniet. Tans is daar ’n geworstel om die negatiewe uit die weg te ruim sodat daar plek gemaak kan word vir die goeie.
Wat kan dan die oplossing wees vir ’n probleem wat bloot ’n posbeskrywing oorskry? Waar karakter, integriteit en morele etiese kode woon? Dit kan frustrerend, geestelik uitputtend en vermoeiend raak wanneer daar met individue gewerk word wat per ongeluk teëstanders word omdat hulle streef na oplossings wat eintlik ‘kitsoplossings’ is eerder as ware oplossings.
Ek het nie al die antwoorde nie, maar ek wil graag voorstel dat deur al die veranderinge wat tans in die munisipaliteit plaasvind, dat ons ten minste beter sal vaar met ons kommunikasie teenoor mekaar.
Kan ons, wanneer ons kommunikeer, begin om ’n paar eenvoudige stelle kommunikasiereëls te volg? Dit is reëls wat ek daagliks gebruik en ek vind dit redelik effektief, daarom wil ek dit met jou deel:
- Eerstens, en baie belangrik: Luister om te verstaan en moenie luister om te antwoord nie. Wanneer ons luister om te verstaan, vind ons areas wat vir ons almal algemeen is, luister na antwoord is oneffektief en baie keer verdelend.
- Luister om die persoon voor jou te waardeer. Jy sal jouself baie keer verbaas vind as jy leer oor iemand se insig en wysheid oor ’n onderwerp.
- Luister met empatie na ander se ervarings terwyl jy kommunikeer. Voer uit op jou empatie soos nodig.
- Luister vanuit ’n plek van vriendelikheid, daardie diep plek binne, wat poog om die persoon se waarheid en jou eie te respekteer.
Deurbraak sal altyd gepaard gaan met ’n dieper gevoel van persoonlike groei. Dit is noodsaaklik dat ons ten volle erken wanneer komplekse probleme as mense en binne ’n organisasie aangespreek moet word. Die erkenning moet die soektog na die grondoorsaak aanwakker, en inderdaad die probleem aanspreek, sodat die uitkoms ’n werkende oplossing is en nie ’n ‘kitsoplossing nie.’
Wanneer ons ’n nuwe finansiële jaar nader, laat ons onsself as ’n organisasie afvra: “Is ons opsoek na nuwe grond? Is ons besig om die kern van probleme wat ons in die gesig staar aan te spreek in plaas daarvan om liggies daaroor te borsel? Is ons oop daarvoor om ongemaklik te wees deur die proses van herstrukturering of transformasie?” Indien wel, kollegas, kan ek julle verseker ons bereik ’n kantelpunt en groei is op hande!
Dr Gustav Bock
Burgemeester
Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit
Last modified: May 18, 2022
Geagte Dokter
Ek wil net ook graag n voorstel maak. Kan ons nie die sulkes wat nie hart en siel in hul werk verkeer nie, net uit kry en vir dié wat belangstel om n beroep van hul werk wil maak, n kans gee. Julle sit met baie kundige mense in die NamaKhoi gemeenskap.
Baie dankie aan die Munisipale Raad en veral dr Bock wat wyer dink en ons almal aanmoedig om saam te kyk en oplossins te soek. Ons as verbruikers moet met met sagte oë na mekaar en veral die amptenare kyk wat direk met publiek werk en net opdragte uitvoer van hoër gesag al maak dit ook vir hulle nie sin nie!
Dankie Burgemeester vir jou en jou span se omgee en harde werk. Ons besef dis ‘n harde pad om te loop maar ons het alle vertroue dat die resultate tot die gemeenskap se voordeel gaan wees.
Die gemeenskap waardeer u insette op FB, maar almal het nie selfone of toegang tot FB nie. Kan ek voorstel dat ‘n Nuusbrief ( in harde kopie ook ) maandeliks of kwartaalliks saam met alle munisipale rekeninge aan die inwoners gepos word. Hulle sal dit geweldig baie waardeer om op hoogte hehou te word in die munisipaliteit se aangeleenthede daar die munisipaliteit in elk geval werk met die publiek se geld.
Baie dankie vir die geleentheid aan inwoners om op hierdie wyse elektroniese insette te kan lewer.
Munisipale Groete