Publieke deelname word versoek vir geïntegreerde ontwikkelingsplan

May 9, 2022

Gemeenskappe wat in die Nama Khoi munisipale regsgebied woon, word hiermee uitgenooi om deel te neem in plaaslike regering se besluitneming in die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan.

Inwoners kan hul bekommernisse, behoeftes en waardes meedeel wat in hierdie plan geïntegreer kan word.

Die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) is die resultaat van ‘n proses waardeur die munisipaliteit strategiese ontwikkelingsplanne vir ‘n tydperk van vyf jaar voorberei.

Die GOP vervang alle ander planne wat ontwikkeling op plaaslike regeringsvlak rig, aangesien dit een van die sleutelinstrumente vir plaaslike regering is om besluite te neem oor kwessies soos munisipale begrotings, grondbestuur, bevordering van plaaslike ekonomiese ontwikkeling en institusionele transformasie in ‘n raadplegende , sistematiese en strategiese wyse.

Om sekere minimum kwaliteitstandaarde van die GOP-proses en behoorlike koördinasie tussen en binne regeringsfere te verseker, moet munisipaliteite ‘n GOP-prosesplan opstel.

Dit is in wese die proses vir die formulering van die GOP, Begroting en Sleutelprestasie-aanwysers (KPI’s) skriftelik uiteengesit vir aanvaarding deur die Raad.

Dit is nodig dat gemeenskapslede, organisasies en besighede deelneem aan die ontwikkeling van die Geïntegreerde Ontwikkelingsbeplanning om betrokke te wees by die opstel van hierdie plan om te verseker dat die munisipaliteit hul behoeftes en verwagtinge in die finale GOP-dokument in ag neem.

Volg asseblief die onderstaande skakels om elektronies insae te lewer:

https://forms.gle/hQy5x8TEjB6kki786     (English)

https://forms.gle/2jE751Awjhe1rWdP9   (Afrikaans)

 

 

 

 

Last modified: May 9, 2022

One Response to " Publieke deelname word versoek vir geïntegreerde ontwikkelingsplan "

  1. Dora van Taak says:

    Ek weet nie of ek ook n probleem onder jul aandag mag bring nie, want ek bly in Kleinzee. Sou net graag verneem.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *