Hoe genees mens ’n sistematies gebroke samelewing?

April 28, 2022

Vir die maand van April 2022 wil ek graag op die volgende aanhaling fokus: “In die soeke na die wortel van die kwaad, neem mense tipies aan dat hulle die beste doen wat hulle kan en dat ander die skuld kry, in plaas daarvan om te erken dat as jy nie bewus was van hoe jy deel van die probleem is nie, kan jy nie deel van die oplossing wees nie.”

Wanneer die kompleksiteit van ’n gebroke samelewing wat werkloos en verarm is, ondersoek word, kan gevoelens en gedagtes maklik oorweldig word as daar in ag geneem word dat moontlike oplossings vir hierdie probleme baie min kan wees, en dat hierdie probleme ongelukkig al erger geword het, al was ons baie bewus van hulle.

As ’n organisasie moet ons oop en eerlik met onsself wees en vrae begin vra wat dalk ongemaklik is, maar wat eerder tot oplossings as selfvoldane houdings teenoor probleme sal lei.

’n Vraag soos: “Hoe het ons organisasie bygedra tot hierdie gebroke samelewing waarin ons leef?” En, “Kan ons prosesse inisieer wat deur die kompleksiteit van samelewingskwessies sal sny en tot volhoubare oplossings sal lei, sonder om oppervlakkig te wees?”

Om deur kompleksiteit te sny, vereis altyd diepgaande introspeksie van jouself, veral rakende aangeleenthede wat verband hou met chroniese sistemiese organisatoriese en samelewingsprobleme.

Introspeksie dwing ons verder om ons doel te evalueer en hoekom ons pogings om probleme aan te spreek onsuksesvol was, en hoe ons “oplossings” soms selfs die aanvanklike probleem kan vererger.

Een goue reël is altyd om te weet hoe ons dink en optree, – onbedoeld ons prestasie in die sisteem en ook ander se prestasie ondermyn tot die punt om die doeltreffendheid van die stelsel as geheel af te bring.

’n Ketting is net so sterk soos sy swakste skakel. Die sukses van die hele groep hang dus af van die sukses van elke individuele lid van die groep. As een persoon misluk, misluk die hele groep.

Dit is dan op hierdie uitgangspunt dat die groot vraag wat ons onsself moet afvra, is: “Hoe is ek, as individu, deel van die probleem?” En, “Is dit vir my moontlik om deel van die oplossing te wees?”

Hoe dinge in die verlede met eerste waarneming gedoen is, het duidelik bygedra tot hierdie gebroke samelewing wat vanuit ’n vars perspektief byna onmoontlik lyk om reg te stel.

Einstein sê dit die beste: “Ons kan nie ons probleme oplos met dieselfde denke wat ons gebruik het toe ons dit geskep het nie.”

As Einstein korrek is, sal dit ’n vernuwing van ons gedagtes verg, ’n diep introspeksie in die groot soeke na oplossings wat voorsien kan word om ons gebroke samelewing te verbeter. Ons het nie baie tyd nie – so maak gou en laat ons begin soek in onsself.

Kom ons kry die introspeksie gedoen sodat ons saam kan aansluit en ’n stryd kan veg wat ons almal moet stry: Die stryd vir die toekoms van nie net ons eie kinders, maar vir alle kinders, wat vermink is deur hierdie onregverdige, – en diep komplekse mislukte samelewing.

Daar is geen tyd om te mors nie, voel jy die dringendheid daarvan?

Dr. Gustav Bock

Burgemeester

Nama Khoi Munisipaliteit

Last modified: April 28, 2022

One Response to " Hoe genees mens ’n sistematies gebroke samelewing? "

  1. Wat n pragtige skrywe Dr Bock! Dankie hiervoor. Dit is ware leierskap wat hier openbaar word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *